Patel: Handel tussen Brics-lande floreer
Die Suid-Afrikaanse minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, sê Brics-lande het oor die laaste twee dekades beduidend gegroei. Patel sê die lande is verantwoordelik vir 27 persent van die wêreldwye uitset. Hy sê talle lande stel om dié rede daarin belang om by die groep aan te sluit, met hulle handel te dryf […]
WGO: 2,8 miljoen Afghane het dringend hulp nodig
Die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n nuwe wekroep uitgestuur wat vra vir meer belegging in gesondheidsorgvoorsiening in Afghanistan, veral in gebiede wat swak bedien word en uiters onder-voorsien en kwesbaar is weens die voortslepende humanitêre krisis. Afghanistan loop deur onder ‘n uitgerekte krisis met miljoene mense wat swak of geen toegang het tot gesondheidsdienste en voedsel nie, […]
Petroleumkommissaris sal Angola Olie- en Gaskonferensie toespreek
Die Namibiese Petroleum-kommissaris in die ministerie van myne en energie, Maggy Shino, sal ‘n spreker by die Angola Olie- en Gaskonferensie wees. Die konferensie en uitstalling vind van 13 tot 14 September in Luanda plaasvind, en bied ‘n platform waar Namibië en Angola bilaterale samewerking op die gebied van energie kan versterk. Minister Tom Alweendo […]
Kommer oor stygende geslagsgeweld in SA
Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis Hendrick Makaneta sê geslagsgeweld is steeds aan die toeneem ondanks massiewe veldtogte van die regering en burgerlike samelewings-organisasies. Hy voeg by daar is geen twyfel die regering kan nie die stryd alleen wen nie. Makaneta sê Suid-Afrika moet ‘n sterk burgerlike gemeenskap bou waar gemeenskapslede aktief aan die stryd teen kindermishandeling en […]
Niger: Mags-oorgang van drie jaar voorgestel
Niger se staatsgreepleier het ‘n mags-oorgang van drie jaar voorgestel ná ‘n vergadering met ‘n afvaardiging van Wes-Afrika-leiers in die hoofstad Niamey. Generaal Abdourahmane Tchiani het in ‘n beeldsending gewaarsku enige aanval op die land sal nie ‘n Sondagskool-piekniek wees vir diegene wees wat betrokke is nie. Die Wes-Afrika-blok, Ecowas, het swaar sanksies teen Niger […]
Tennis: Alcaraz en Djokovic takel mekaar weer in ‘n eindstryd
Tennis: Die Spaanse kampioen, Carlos Alcaraz, moes ‘n wedstrydpunt afweer in sy oorwinning van 2-6, 7-6, 6-3 teen Hubert Hurkacz van Pole om die eindstryd van die Cincinnati Ope te haal. Alcaraz kom vanmiddag teen Novak Djokovic in ‘n herontmoeting van die verlede maand se spannende Wimbledon-eindstryd te staan. In die vroue-eindstryd takel die Amerikaanse […]
Gesondheidsministerie: Geen paniek oor Eris
Die eerste geval van die nuwe Covid-variant, Eris of EG.5, is in Gauteng in Suid-Afrika bevestig, maar is nog nie in Namibië bespeur nie. Eris is ‘n subvariant van die Omikron-stam, wat oorspronklik in November 2021 opgemerk is. Eris se simptome sluit in koors, kort-asem, hoes, moegheid, spierpyne, hoofpyn, en keelseer. Inenting is steeds die […]
Open Secrets-verslag ontbloot korrupte maatskappye
Die burgerregte-organisasie, Open Secrets, het ‘n verslag vrygestel waarin maatskappye ontbloot is wat na bewering ‘n groot rol gespeel het in die wanbestuur en wanfunksionering van staatsinstellings wêreldwyd. Die verslag getiteld The Corporations and Economic Crime, ontbloot die rol wat konsultasie-firmas soos McKinsey, Bain en die Boston Consulting Group glo gespeel het in staatskaping, endemiese […]
VN bekommerd oor lewering van trosbomme aan Oekraïne
Die Verenigde Nasies se senior ontwapenings-amptenaar, Izumi Nakamitsu, sê wapen- en ammunisie-besendings na Oekraïne het die afgelope paar maande skerp toegeneem met kommerwekkende berigte oor die lewering van verbode trosbomme. Nakamitsu het die VN se Veiligheidsraad ingelig oor die jongste gebeure teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne in 2022. Inligting van openbare […]
Mali: 21 sterf in aanval deur gewapende groep
Minstens 21 burgerlikes is dood en talle is gewond nadat ‘n groep gewapende mans op mense in ‘n dorpie in sentraal-Mali losgebrand het. Volgens ooggetuies het die gewapende mans die dorpie Yarou in die Mopti-streek ingeval en op hulle begin losgebrand. Geen militante groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.