NamRA gee reaksie op werwingsproses

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het sy reaksie gegee op die bewerings wat deur LPM-parlementslid Edison Isaacks in die Nasionale Vergadering gemaak is met betrekking tot NamRA se werwingsproses. Isaacks het opgemerk dat NamRA sekere etniese groepe doelbewus in sy werwing uitgesluit het, en bygevoeg dat voormalige werknemers van die inkomste-departement en die direktoraat van doeane […]

Read More

Equiano ondersese kabel bring goedkoper, vinniger internet

Paratus vier vandag ‘n mylpaal as die landingsvennoot wat vandag die Equiano ondersese kabel in Namibië geaktiveer het. Paratus sê dit verseker verbeterde en goedkoper konnektiwiteit na Namibië en die breër SAOG-streek. Equiano, met sy landingspunte in Lissabon, Benin, Nigerië, St. Helena, Namibië en Suid-Afrika, sal nuwe ekonomiese geleenthede regdeur die streek te skep. Die […]

Read More

SA kan binnekort elektrisiteit uit Mosambiek uitvoer

Suid-Afrika kan binnekort tot eenduisend megawatt elektrisiteit uit Mosambiek invoer, wat kan help om beurtkrag met een vlak te verlaag. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het vandag met sy ampsgenoot uit Mosambiek, Carlos Zacarias vergader, en ‘n ooreenkoms gesluit om oor die kort termyn honderd megawatt van Mosambiek aan te koop. Dié ooreenkoms is […]

Read More

Irakse regering keur enorme begroting goed

Die Irakse regering het sy goedkeuring gegee vir ‘n massiewe begroting van altesaam 2,8 duisend miljard Namibiese dollar, wat oor ‘n tydperk van drie jaar sal strek, van 2023 tot 2025. Dit is die grootste in die land se geskiedenis. Die adjunk-speaker van die Irakse raad van verteenwoordigers, Shakhwan Abdullah Ahmed, sê een van die […]

Read More

DA: Elektrisiteitsminister kry R13 miljoen per jaar

Die DA beweer Suid-Afrikaners betaal ongeveer 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar aan ʼn minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, wat aan niemand verantwoordbaar is nie. Die party sê ten spyte van die afwesigheid van ʼn prestasie-plan onder die toesig van die parlement, beskerm die ANC die ministerie teen verantwoordbaarheid. ʼn Woordvoerder van die DA, Samantha […]

Read More

Shifeta verduidelik waarom hy lasterklag lê

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik waarom hy ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak het teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Shifeta sê dat die verspreiding van leuens oor individue nie net onderhewig is aan siviele laster-regsgedinge nie, maar […]

Read More

Ministerie van binnelandse sake weer hof toe gesleep

Die ministerie van binnelandse sake staar nog ‘n hofsaak in die gesig nadat dit hof toe gesleep is, omdat hy geweier het om ‘n Namibiese paspoort aan ‘n man met Namibiese burgerskap uit te reik. Russell Kwizera is in 2002 in die Otjiwarongo-staatshospitaal gebore en is van ‘n Namibiese volledige geboortesertifikaat en ‘n bevestiging van […]

Read More

Skooltoelae-beleid wil bestaande ongelykhede verminder

Die onderwysministerie het sy reaksie gegee op die kabinet wat besluit het om sy skooltoelae-beleid te formaliseer. Die beleid is daarop gemik om die bestaande ongelykhede te verminder deur middel van ‘n doeltreffende en billike befondsingsmeganisme. Dit is om te verseker dat skole en leerders van verskillende sosio-ekonomiese agtergronde toegang tot voldoende hulpbronne het wat […]

Read More

Minstens 40 mense dood in aanval in DRK-veiligheidskamp

Die Demokratiese Republiek van die Kongo sê minstens 40 mense is dood in ‘n aanval op ‘n veiligheidskamp. ‘n Streeksleier van die Ituri-provinsie in die ooste van die DRK, sê die verwagting is dat die dodetal sal styg, aangesien baie woon-strukture afgebrand is, en nooddienste nog besig is om bestek te neem van die skade. […]

Read More

Nored betaal sy skuld aan NamPower

Nored het vandag ‘n skuldvereffenings-ooreenkoms met NamPower onderteken. Nored sê in ‘n mediaverklaring hy het al sy uitstaande skuld by die kragvoorsiener betaal. Kliënte word dus verseker dat geen opskorting van elektrisiteit verder sal plaasvind nie. Die woordvoerder Simon Lukas vra namens Nored verskoning weens die ongerief wat veroorsaak is deur die kragonderbrekings wat verlede […]

Read More