SA-entrepreneurs skep innoverende oplossing vir studente wat reis

Twee Suid-Afrikaanse entrepreneurs het ‘n besprekingstelsel in die toerismebedryf vir studente van stapel gestuur. Ndabenhle Ntsangase en Lwanda Shabalala sê die omvattende reisbestuursnetwerk het ten doel om die ervaring van studente wat tussen universiteite en hulle tuistes reis, te verbeter. Die twee studente van die Universiteit van Kaapstad sê Airstudent bied gerieflike en bekostigbare reispakette […]

Read More

ArcelorMittal staking afgeweer met 6,5% verhoging

Die nasionale metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika, Numsa, het ‘n salarisooreenkoms van 6,5 persent met ArcelorMittal Suid-Afrika onderteken en ‘n staking afgeweer. Die ooreenkoms van drie jaar is bindend vir alle permanente werkers. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die salarisooreenkoms sluit ook ‘n eenmalige kontantbonus van 10 000 Suid-Afrikaanse rand in en ‘n 6.5 persent-verhoging in […]

Read More

Afrika-paspoort of opheffing van visums nodig vir vryhandelsooreenkoms

Die plaaslike ekonoom Salomo Hei, sê ‘n Afrika-paspoort, of die opheffing van visums vir Afrika-lande is een van die belangrikste faktore om die Afrika vryhandelsooreenkoms suksesvol te implementeer. Sy aanmerkings kom na die Internasionale Monetêre Fonds se bevinding dat die ooreenkoms ekonomiese groei aansienlik kan bevorder en lewenstandaarde verbeter in ‘n tyd van stygende geopolitieke […]

Read More

Landbou hou groot vergadering aan die kus

Die Namibiese landbouministerie hou die week sy strategiese vergadering op Swakopmund. Volgens ‘n verklaring vorm die vergadering deel van sy jaarlikse beplanning in verband met sy strategiese plan. Donateurs soos die Duitse GIZ en die Wêreldvoedselprogram sal ook die sessies bywoon. Die ministerie het verskeie uitdagings op die oomblik waarvan die onmiddellike een die dreigende droogte is. Grondhervorming en […]

Read More

Entstof-tekort bedreig voedselsekerheid in SA

Die DA sê hy is erg bekommerd oor die voortslepende tekort aan entstowwe en die moontlike bedreiging wat dit vir die land se voedselsekerheid inhou. Boere het volgens berigte onwettig bekomende entstowwe begin gebruik om skape teen bloutong te beskerm as gevolg van die ernstige tekort aan vervaardiging by die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte. ‘n […]

Read More

21 verdrink op oorlaaide toeristeboot in Indië

Die Indiese regering het ‘n nasionale dag van rou verklaar nadat minstens 21 mense verdrink het toe ‘n toeristeboot in die land se suidelike staat Kerala omgeslaan het. Die boot met sowat 40 passasiers, meestal vroue en kinders, was oorlaai. Minstens tien passasiers word in verskeie hospitale behandel met vier wat in ‘n bedenklike toestand is. Bootongelukke kom algemeen […]

Read More

Intelligense fnuik renoster-stroop, 4 vas

Die Namibiese polisie het daarin geslaag om die beplande stroop van ‘n renoster te verhoed deur middel van ‘n intelligensie aangedrewe operasie. Volgens die mag het die sogenaamde Blue-taakmag, lede van Nampol in Windhoek sowel as reserviste, saamgewerk om vier lede van ‘n sindikaat naby Dordabis vas te trek. Die vier, afkomstig van Katima Mulilo, […]

Read More

Wagwoorde is steeds die swakpunt in kubermisdaad

Kubermisdaadkenners waarsku daar moet nie heeltemal op wagwoorde staatgemaak word vir sekerheid nie. ’n Mimecast-verslag dui aan 71 persent van Suid-Afrikaanse maatskappye het een of ander vorm van kuberaanval ervaar. Mimecast se kuberveiligheidskenner, Duane Nicol, waarsku dat ‘n wagwoord alleen nie genoeg is om toestelle  en inligting aanlyn te beskerm nie. Hy doen ‘n beroep op die publiek om nie dieselfde wagwoord op […]

Read More

MTN sluit sentrums in Sudan

MTN in Sudan het sy hoofskakelsentrums in Manshia en Garden City gesluit weens ‘n brandstoftekort en kragonderbrekings. Dit het tot ‘n algehele netwerkafsluiting gelei terwyl die oorlog in die land voortduur. MTN het in ‘n verklaring die versekering gegee hy is verbind tot die verskaffing van noodsaaklike kommunikasiedienste, terwyl hy die veiligheid en welsyn van alle belanghebbendes vooropstel. Die MTN-groep doen alles wat hy kan […]

Read More

Theart gesels oor teengif wat op pad is

Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die goeie nuus dat die Namibia Snakebite-belangegroep, na verskeie hoëvlak vergaderings, toestemming gekry het om 300 flessies teengif na Namibië in te voer vanuit Indië. Beide senuwee- en sito-toksiene kan met die besending behandel word. Daar was die afgelope maande ‘n erge tekort aan teengif regoor die land, […]

Read More