Windhoekse skole is môre oop

Windhoekse skole is nie môre gesluit nie. Die direkteur van onderwys in die Khomas-streek, Paulus Nghikembua, het bevestig dat hy sy omsendskrywe dat skole môre tydens die wateronderbreking in die hoofstad gesluit sou wees, teruggetrek het. Stad Windhoek het intussen watervoorsiening aan alle inwoners gewaarborg.  

Read More

Mugudumana se paspoort word ingetrek  

Die minister van binnelandse sake in die buurland, Aaron Motsoaledi, het bekendgemaak die paspoort van die Facebook-verkragter Thabo Bester se vriendin, dokter Nandipha Magudumana word ingetrek. Motsoaledi het aan die media gesê sy departement is aangeraai daar is sterk regsgronde om Magudumana se paspoort in te trek aangesien sy nie meer verdien om dit te […]

Read More

Man sterf op skip in Walvisbaaise hawe

‘n Werknemer van Namibia Stevedoring Services, Tangeni Antindi, se lewe is geëis terwyl hy op ‘n vaartuig in die Walvisbaaise hawe gewerk het. Die tragiese voorval het plaasgevind tydens die laai van ‘n vraghouer met ‘n skeepshyskraan. Nooddienste en ambulanspersoneel was vinnig op die toneel,  maar Antindi is dood op die toneel verklaar. In samewerking […]

Read More

CoW: Windhoekers het môre water

Die Stad Windhoek het aangekondig dat hy môre soos gewoonlik water aan sy inwoners sal verskaf ondanks NamWater wat vir dringende herstelwerk aan die pyplyn vanaf die Von Bachdam sal doen. Volgens die woordvoerder van die stad Lydia Amutenya is die reservoirs vol om voldoende water aan die stad te voorsien. Sy sê dit is […]

Read More

Limpopo gereed vir cholera-uitbreking

Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, vra inwoners in die provinsie om waaksaam te bly. Dit volg nadat een van die bevestigde gevalle van cholera in Hammanskraal in Tshwane ‘n staatsamptenaar is wat in Gauteng was vir ‘n opleiding-slypskool. Hy is ‘n 52-jarige man van Groter Giyani wat in die Musina-omgewing werk. Die […]

Read More

Ultra-verwerkte voedsel het impak op gesondheid

‘n Studie deur die American Journal of Clinical Nutrition toon daar was ‘n toename in die produksie en verbruik van ultra-verwerkte voedsel en drank, wat gesondheid en die omgewing beïnvloed. Die studie het die gesamentlike en afsonderlike uitwerking van hierdie kosse se verbruik op die omgewing ondersoek aangesien dit regstreeks gekoppel is aan ‘n hoër […]

Read More

Namibië het nou leierskap nodig – Hopwood

Die LGBTQ-gemeenskap maak aantygings dat daar dreigemente van geweld teen hulle gemaak word en lede van die gemeenskap word gewaarsku om veral versigtig te wees. Kuierplekke is op die anti-gay-huwelik WhatsApp-groep gedeel en op Twitter, is verskeie video’s, ook met haatspraak teen die gemeenskap gedeel. Daar is vrese dat die polisie nie sal optree nie […]

Read More

Olifante verwoes 6ha-mielieoes in Zambezi

’n Trop olifante het die heining rondom die Sibbinda Green-plaas in die Zambezi-streek vernietig en aansienlike skade aan beide die infrastruktuur en oeste aangerig. Die 30 hektaar skema is in 2017 gestig met die doelwit om voedselsekerheid en gewasproduksie in die Zambezi-streek te verbeter. Die bestuurder Agenda Mutelo het aan die plaaslike uitsaaier gesê ses […]

Read More

Cholera: Higiëne nou uiters belangrik op Hammanskraal

Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, doen ‘n beroep op inwoners van Hammanskraal in Tshwane om bykomende voorsorgmaatreëls te tref en behoorlike handhigiëne te handhaaf ná ‘n cholera-uitbreking. Sy sê die departement het ook met die nasionale Departemente van Water en Sanitasie en Menslike Nedersettings geskakel om bykomende vermoë te bied om […]

Read More

EU bied bystand aan vloedgeteisterde Italië

Die Europese Kommissie het bevestig dat die Italiaanse regering die Burgerlike Beskermingsmeganisme van die Europese Unie geaktiveer het. Dié stelsel is in 2001 begin vir die koördinering van  humanitêre en reddingsbystand met rampe. Italië se hulpaansoek volg op erge reën in die land die afgelope paar dae, wat vloede en grondverskuiwings in veral die noord-sentrale […]

Read More