Koshuise: Daar’s genoeg geld in die regering, privaatsektor het reeds genoeg druk

Die adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op die sakegemeenskap gedoen om die regering by te staan met die bou van meer koshuise. Sy sê gemeenskappe rig tydelike koshuise op omdat leerders lang afstande skool toe stap, en wanneer mense dit doen, is dit ‘n duidelike boodskap dat ‘n koshuis by ‘n spesifieke skool […]

Read More

Rand sukkel steeds bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid

Die Suid-Afrikaanse rand vertoon steeds swak en verhandel tans reeds meer as ‘n week bo die 19 rand vlak teen die Amerikaanse geldeenheid. Met die eerste verswakking is beurtkrag en die moontlike verkoop van wapens aan Rusland deur die ANC-regering blameer, maar die geldeenheid vertoon steeds nie beter nie. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt […]

Read More

Whk se damme oor 12 maande leeg – Schlettwein

Wat as ‘n redelike standaard perskonferensie geag is, waar die landbouminister Calle Schlettwein nuwe raadslede vir NamWater aangekondig het, het gelei tot die skokkende onthulling dat Windhoek se damme oor 12 maande droog sal wees. Schlettwein het die nuwe raadslede van planne om om ‘n katastrofe te vermy ingelig.

Read More

Kerke vat ‘leisels’ by Swapo-groep oor, reël betoging teen gay-huwelike

Dit wil voorkom asof kerke in die land die stryd teen gay-huwelike vorentoe moet vat. Dit het aan die lig gekom op die sogenaamde WhatsApp-groep teen gay-huwelike, wat hooggeplaaste regeringsamptenare, sakelui en politici as lede het. Vanoggend se perskonferensie oor die aangeleentheid, is deur die Christelike Koalisie van Kerke in Namibië gehou. Die voorsitter, dr. […]

Read More

Esau se regsman is siek, borgaansoek (weer) uitgestel

Hoërhofregter David Munsu is genoodsaak om die borgtogaansoek van oud-minister Bernhardt Esau en sy medebeskuldigde, Nigel van Wyk, uit te stel tot môre. Esau se regsverteenwoordiger, Florian Beukes kon nie vanoggend teenwoordig wees nie omdat hy siek is. Munsu het die uitstel toegestaan maar sy kommer oor die omvang van die saak en die beperkte […]

Read More

PDM ondersteun LGBTQ maar hulle mag nie trou nie

McHenry Venaani, president van die PDM het vir die eerste keer sy stilte gebreek oor die gay-huwelik-herrie wat sedert verlede week in die land woed. Volgens Venaani is dit die rol van die wetgewer om wette wat die meerderheid wil hê te bespreek. Hy voeg by dat die party nog altyd LGBTQ-regte ondersteun. Maar, hy […]

Read More

Walvis-man val vir slenter, verloor N$85 000

Die Namibiese polisie sê ‘n man is in Kuisebmond van 85 000 Namibiese dollar beroof na ‘n verdagte hom as ‘n werknemer van die bank voorgedoen het en bankbesonderhede aangevra het. Die man het die besonderhede aan die verdagte, wat hom op sy selfoon geskakel het, verskaf en het so die fondse verloor. Die polisie […]

Read More

AfriForum baklei vir enkelmedium Afrikaanse skole

AfriForum het die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, se eis dat Afrikaanse enkelmediumskole tot dubbelmedium hervorm moet word, gekritiseer. Die LUR het die opmerking gister tydens ‘n mediakonferensie gemaak toe hy die komende opening van aanlyn aansoeke vir 2024 aangekondig het. Die aanlyn aansoeke begin op die 15de van volgende maand. Alana Bailey van […]

Read More

Sunak moet ondersoek doen na Braverman

Die Britse Arbeidersparty doen ‘n beroep op eerste minister Rishi Sunak om ‘n ondersoek van stapel te stuur na die minister van Binnelandse Sake, Suella Braverman. Sy word beskuldig dat sy die ministeriële kode oortree het deur spesiale behandeling by amptenare van Binnelandse Sake te vra nadat sy in ‘n spoedlokval gevang is toe sy […]

Read More

Magalies Water ontken dat hy die bron van cholera is

Magalies Water het die Stad Tshwane se bewering verwerp dat die maatskappy deels verantwoordelik is vir die uitbreking van cholera in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die stad sê in ‘n verklaring sommige van die gevalle wat aangemeld is, kom uit die Moretele-gebied wat nie deur die stad van water voorsien word nie. Magalies Water se […]

Read More