Kenner verduidelik hoekom daar wrakstukke van Titan gevind word

Terwyl dit onbekend is presies wat gebeur het tydens die Titan duik na die wrak van die Titanic, was daar beaam dat die inploffing die tuig en die vyf insittendes in minder as ‘n sekonde veras het. Maar, groot wrakstukke van die tuig is in Newfoundland, Kanada, aan wal gebring met moontlike menslike oorskot wat […]

Read More

Studente-unie vra NQA-ingryping in studiefooie

Die Namibiese Studente-unie sê die Weltwitschia Gesondheidsopleiding-sentrum se studiefooie is uitermatig hoog en verhoed studente met ‘n lae-inkomste agtergrond om sy kursusse te voltooi. Benhard Kavau, die unie se president, sê aan plaaslike media dat die registrasiefooi van meer as 3 000 Namibiese dollar, en die nodige 25 persent deposito vir studiefooie, beteken studente moet […]

Read More

Moody’s sê munisipaliteite moet hul skuld aan Eskom vereffen

Die graderingsagentskap Moody’s sê die Tesourie se munisipale skulverligtingsplan sal Eskom se likiditeit verbeter en befondsingsrisiko’s vir die regering verminder. Munisipaliteite skuld die kragverskaffer meer as 56 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die plan sal die agterstand van munisipaliteite se skuld aan Eskom afskryf mits hulle aan ‘n lys voorwaardes voldoen. Moody’s sê dis ook krediet-positief vir […]

Read More

Sunak moet intree oor Boris-bondgenote wat met ondersoek probeer inmeng het

Die voordele-komitee in Brittanje het vanoggend sy verslag oor inmenging in sy werk deur bondgenote van Boris Johnson bekend gemaak. Verskeie hooggeplaaste Tory-lede word in die verslag genoem. Die komitee het die inmenging ervaar tydens sy ondersoek na of Johnson vir die parlement gelieg het oor Partygate. Thangam Debonnaire, ‘n LP vir die opposisie-Arbeidersparty sê […]

Read More

De Bruyn gesels oor opkomende reeks teen Uganda

Krieket liefhebbers kan uitsien na ‘n opwindende reeks tussen die Richelieu Eagles en die Cranes van Uganda wat volgende week Woensdag op die United sportgronde in die hoofstad afskop. Die reeks van vier T20 en twee eendagwedstryde vorm deel van die Castle Lite T20 reeks en het ‘n jaarlikse instelling geword. Hoofafrigter Pierre de Bruyn, […]

Read More

Cran sal weer 5G-spektrumband opveil, geen koper in Mei nie

Die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, beplan om die spektrumband vir die implementering van 5G-netwerke weer op te veil nadat geen operateur suksesvol was in die aanvanklike bod in Mei nie. Namibië beoog om sy goedgekeurde 5G-strategie te implementeer. Die spektrum sal die uitrol van beide 4G en 5G in landelike gebiede moontlik maak. Cran […]

Read More

ANC word uitgebuit met entstof, maar bly by Onderstepoort

Die DA sê ten spyte van die privaat sektor se gewilligheid om saam met die regering te werk aan die vervaardiging van diere-entstof, hou die ANC-regering aan om Onderstepoort Biologiese Produkte se alleenheerskappy te beskerm. Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het onthul die diere-entstofvervaardiger in staatsbesit koop entstof vir bek-en-klouseer by Botswana aan teen […]

Read More

Mexikaanse owerhede loods soektog na 16 ontvoer is

‘n Soektog waarby honderde veiligheidspersoneel betrokke is, is in Mexiko van stapel gestuur nadat gewapende mans 16 polisiewerknemers ontvoer het. President Andres Manuel Lopez Obrador het belowe dat die ontvoerders aan die wiele sal ry. ‘n Bevel is uitgereik om diegene wat ontvoer is lewendig te red. Die ontvoerdes het by ‘n gevangenis gewerk en die […]

Read More

Die As: Aussies vat beheer op dag een

Australië het gister op Lord’s in Londen beheer geneem oor die openingsdag van die tweede Toets om die As teen Engeland. Nadat hulle ingestuur is om te kolf, was daar 50-talle vir David Warner en Travis Head, terwyl Steve Smith ‘n onoorwonne 85 aangeteken het. Die Aussies sal vandag hul kolfbeurt hervat op 339 vir […]

Read More

Obenbare Beskermer moet ondersoek na Mashatile instel

Rise Mzansi sê die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, moet steeds ondersoek instel na ernstige bewerings dat adjunkpresident Paul Mashatile die etiese kode vir uitvoerende gesag oortree het. Dit ten spyte van Mashatile se ontkenning dat hy ‘n luukse lewe lei wat volgens berigte deur staatskapingsagente onderhou word. Rise Mzansi se woordvoerder, Tebogo Moalusi, sê […]

Read More