Zelensky: Rusland beplan terreur-aanval op grootste kernkragstasie

Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê inligting wat spioene bekom het dui daarop dat Rusland ‘n terreur-aanval op die besette Zaporizhia-kernkragstasie beplan. Zelensky waarsku dat so ‘n aanval op die grootste kernkrag-stasie in Europa die gevaar van bestraling inhou. Rusland het Zelensky se waarskuwing in ‘n video egter as ‘n leuen afgemaak. Moskou sê […]

Read More

Rugby: Ervare Junior Bokke teen Georgië

Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Paul de Villiers, is onder ʼn groep van sewe spelers wat die Suid-Afrikaanse Onder-20-span vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar sal verteenwoordig. Hy is ingesluit in die beginspan wat môre op Stellenbosch in die openingswedstryd van Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap teen Georgië speel. Hoof-afrigter Bafana Nhleko het ook vyf spelers […]

Read More

Krylov, Engelbrecht verlof tot appèl geweier

Hoërhof-regter Claudia Claassen het vandag verlof tot appèl geweier aan die Russiese burger, Alexander Krylov, en sy Namibiese medepligtige, Anna Engelbrecht. Die twee is in Maart in die Windhoekse hoërhof tronkstraf van onderskeidelik 35 jaar en 25 jaar opgelê. Claasen het toe Krylov tot effektiewe tronkstraf van 35 jaar gevonnis op tien aanklagte van verkragting […]

Read More

Suider-Afrika Jeugwerkswinkel oor handel duur môre voort

Die tweedaagse Suider-Afrika Jeug-werkswinkel oor die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms Protokol oor Vroue en Jeug in Handel, duur môre voort. Dit word deur die Namibiese handelsministerie in samewerking met die jeugministerie en die Nasionale Jeugraad aangebied. Die doel van die werkswinkel is om vroue en jeug se toegang tot ekonomiese geleenthede op nasionale en streeksvlakke te […]

Read More

Botswana stel droogtebestande rys-variëteit bekend

Die Nasionale Landbou-navorsing- en Ontwikkelings-instituut van Botswana en landbouhandels-maatskappy, African Agriculture, het ʼn ooreenkoms gesluit om ʼn nuwe droogtebestande rys-variëteit bekend te stel om opbrengste te verhoog. Die onder-sekretaris van die ministerie van landbou-ontwikkeling en voedselsekerheid, Tiny Diswai, sê die doel is om die land se afhanklikheid van ingevoerde rys aan te spreek, wat tans […]

Read More

Uranium One bou skool-kombuis by Leonardville

Noasanabis Primêre Skool by Leonardville trek voordeel uit die Russiese Uraan-reus Uranium One se filosofie van opheffing. Uranium One ondersteun die afgelope jaar die skool se voedingskema en verskaf kos vir die 615 leerders ter waarde van 330 000 Namibiese dollar. Uranium One het besluit om ‘n moderne kombuis vir die skool te bou wat […]

Read More

Jeug en vroue moet op e-handel fokus

Jeugwerkloosheid is een van die grootste kwessies in Namibië. Die handelsminister Lucia Iipumbu, het vandag tydens die opening van die Suider-Afrika-jeugkonsultasies oor die Protokol oor Vroue en Jeug in Handel ‘n beroep op die jeug gedoen om protokolle daar te stel in die uitdagings wat beide die jeug en vroue in die gesig staar. Verder […]

Read More

MUN eis De Ruyter se inhegtenisneming

Die mynwerkersvakbond NUM in Gauteng se Hoëveld-streek is bitter ontsteld oor die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, se beweerde roofsug en geldwassery-taktiek. Hulle vra ʼn deeglike ondersoek deur wetstoepassings-agentskappe en die vervolging van alle betrokkenes, insluitend die voormalige bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die vakbond beplan om sy lede vir verset-optrede te mobiliseer. Die […]

Read More

Rusland brandmerk WWF as buitelandse agent

Rusland het die Wêreld Natuurlewefonds, die WWF, as verbode organisasie verklaar. Die organisasie se aktiwiteite sal nie meer in die land toegelaat word nie. Die Russiese tak van die internasionale organisasie sê hy het sy bande met die organisasie verbreek en sal nie meer die panda-kenteken of die afkorting WWF gebruik nie. Die Russiese regering […]

Read More

Tennis: Murray-familie vies oor klub se plakkaat sonder Andy

Tennis: Die broer en oom van Andy Murray is woedend oor die behandeling wat die tweemalige Wimbledon-kampioen ontvang het omdat hy nie op ʼn amptelike plakkaat van grotes uit die verlede en hede verskyn nie. Die All England-klub het ʼn plakkaat van beroemde spelers op sosiale media uitgereik. Jannik Sinner en Carlos Alcaraz, nog nie […]

Read More