Wagner-soldate sal nie meer in Oekraïne veg nie

Die hoof van die Russiese huursoldaat-groep Wagner, Yevgeny Prigozhin, weier om kontrakte met die Russiese verdedigingsministerie te onderteken en dus is hy meegedeel dat sy soldate nie meer in die Oekraïne sal veg nie. Hy weier om sy huursoldate onder die beheer van die ministerie van verdediging te bring. Prigozhin het reeds op 11 Junie […]

Read More

Junior Bokke draf vanmiddag uit in die Paarl

Die Junior Springbokke speel vandag in die Paarl teen Italië in hulle tweede Groep C-wedstryd in die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap. Suid-Afrika het Georgië verlede naweek in die openingswedstryd verslaan terwyl Italië na ʼn rooi kaart ʼn drag slae op die lyf geloop het teen Argentinië. Die afrigter van die Junior Bokke, Bafana Nhleko, maan Italië moet […]

Read More

Raad by Akkerbouraad het groot verantwoordelikheid in plaaslike konteks

Die landbouminister Calle Schlettwein het vandag die nuwe raad van die Namibiese Akkerbouraad aangestel. Hubertus Hamm, uitvoerende hoof van Bokomo Namibië is die nuwe voorsitter. Schlettwein sê die raad het ‘n duidelike verantwoordelikheid in die konteks van die Namibiese ekonomie.

Read More

N7 op pad na Vioolsdrif is gesluit, B1 is oop

Die N7 vanaf die Vioolsdrif grenspos is gesluit weens oorstromings. Die B1-roete aan die Namibiese kant is steeds oop. Besoekers aan Namibië word aangeraai om Namibië by die Onseepkans-grenspos via Springbok binne te kom of vanaf Springbok via Pofadder by Ariamsvlei deur te kom. Ariamsvlei is 24-uur oop terwyl Onseepkans teen sononder sluit. Daar was […]

Read More

Nege wat verbind word met Tembisa-bedrog, werk steeds daar

Die DA in Gauteng sê geen stappe is nog geneem teen nege amptenare by die Tembisa-hospitaal nie. Dis reeds ses maande sedert ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid aanbeveel het hulle moet gedissiplineer word weens die onreëlmatige toekenning van kontrakte aan bedrieglike maatskappye. Die woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê die LUR vir Gesondheid, […]

Read More

Suid-Koreaane vergryp hulle aan sout, bang vir Fukushima-vrystelling

Suid-Koreaanse verbruikers raap seesout en ander items op namate kommer oor hul veiligheid toeneem omdat Japan beplan om meer as 1 miljoen metrieke ton behandelde radioaktiewe water uit die verwoeste Fukushima-kernkragsentrale in die see te stort. Die water is hoofsaaklik gebruik om beskadigde reaktors by die Fukushima-kragstasie noord van Tokio af te koel, nadat dit in […]

Read More

Diefstal en vandalisme van water-infrastruktuur bly ‘n uitdaging

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy frustrasie uitgespreek met die herhaalde diefstal van infrastruktuur by water-instellings regoor die land. Schlettwein het op sosiale media gesê dat gemeenskappe van Mauvara in die Kavango Oos-streek nou weer die rivier moet gebruik omdat pompe gesteel is. Die ministeriële woordvoerder Jona Musheko sê die kwessie is landswyd ‘n […]

Read More

Meatco beding vandag ‘feeder-produsente’ pryse vir droë seisoen

Meatco is tans in die nuus as gevolg van sy finansiële uitdagings en verliese wat in die vorige boekjaar gely is. Maar, die maatskappy werk onverpoosd om slagdiere te verseker, ook met die dreigende droogte. Die maatskappy vergader op die oomblik met sy sogenaamde ‘feeder-produsente’ wat onder kontrak die hele jaar lewer aan die maatskappy. […]

Read More

ReconAfrica se ‘onttrekking’: Burgerlike trust sê dis duidelik wat gebeur het

Die Economic & Social Justice Trust het gereageer op berigte dat ReconAfrica onttrek uit die Kavango-bekken. National Geographic het berig dat talle personeel reeds die gebied verlaat het. Volgens die publikasie is Recon besig om sy bedrywighede na Zimbabwe te verskuif. Die maatskappy het onlangs teleurstellende uitslae in die drie olie-putte aangekondig met min befondsing […]

Read More

Daar’s 1,624 triljoen vate herwinbare ru-olie in ’23

As die navorsing deur Rystad Energy enigiets is om op te gaan, sal die gebruik van olie as energiebron nie in die onmiddellike toekoms verdwyn nie. Huidige totale globale herwinbare oliereserwes beloop 1,624 triljoen vate. Dit is ‘n noemenswaardige toename van 52 miljard vate in vergelyking met die 2022 skatting. Uitlatings van olieveldbedrywighede word op […]

Read More