Rugby: Junior Bokke wil beter  

Rugby: Die Junior Bokke is gretig om ʼn vertoning te lewer wat ʼn nalatenskap vir die span van 2023 sal wees wanneer hulle in ‘n uitspeelwedstryd om die derde plek in die Wêreld-rugby onder 20-kampioenskap teen Engeland in die Athlone-stadion, in Kaapstad, te staan kom. Afskop is om 4:30 vanmiddag. Die kaptein, Paul de Villiers, sê die wedstryd is nie net oor die bronsmedalje nie, maar vir sy manne om ‘n vertoning te lewer waarna hulle in die jare wat kom, kan terugdink.