IPC reageer op ‘vermiste’ werkloosheidsyfers
Die uitlating van indiensneming en werkloosheidsyfers in die sensusverslag wat Woensdag bekend gemaak is, lok steeds reaksie uit. Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda sê die Namibiese Statistieke-agentskap is opdrag gegee is die data te weerhou tot na die verkiesings. Politieke partye haal nou Amupanda se bewerings aan in verklarings oor die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Danie Odendaal sterf op 77
Die bekroonde vervaardiger van sepies soos 7de Laan en Egoli: Plek van goud, Danie Odendaal, is oorlede. Berigte uit die buurland lui dat hy Woensdagaand in Langebaan dood is, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend nie. Hy was veral bekend vir sy karakter ontwikkeling wat aanklank by gehore gevind het. Sy werk […]
LPM onbeïndruk met klaskamers, sê Shiimi sit die pot mis
Finansminister Ipumbu Shiimi het in sy middeltermynbegroting-toespraak ‘n opdatering gegee oor die bou van klaskamers deur August 26. Die ministerie beplan om 512 klaskamers landwyd te bou gedurende die 2024/25 boekjaar. In September het die ministerie berig dat 296 klaskamers reeds voltooi is. Opposisiepartye is in die Nasionale Vergadering kans gegee om op Shiimi se […]
Gauteng maak vordering met gekaapte geboue in Jhb-sakekern
Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê hulle maak vordering teen die onwettige besetting van geboue in Johannesburg se middestad. Daar is na raming sowat 180 gekaapte geboue in die middestad en sommige daarvan behoort aan die metro. Lesufi sê een prioriteit van die regering van provinsiale eenheid se plan om die middestad op te knap, […]
Stemtellery duur voort in Botswana
Mense in Botswana wag vir uitslae van Woensdag se verkiesing wat die Botswana Demokratiese Party se 58-jarige bewind kan verleng. Duma Boko, leier van die hoofopposisie Umbrella for Democratic Change kommer uitgespreek oor die regverdigheid van die proses. Die tel van stembriewe het begin na stembusse vyf-uur namiddag gesluit het met sommige stemlokale wat oopgebly […]
Eerste Diwali-Barbie in SA
Barbie het sy eerste pop met ‘n Diwali-tema in Suid-Afrika bekend gestel wat in samewerking met die gevierde Indiese ontwerper, Anita Dongre, geskep is. Vandag is Diwali, die fees van ligte. Huise, sakeondernemings, en openbare ruimtes word verlig met diyas, of olielampe wat van klei gemaak is en vuurwerkvertonings word oral gehou. Die Barbie Diwali-pop […]
Amper 14% maak staat op oumenspensioen as hoof inkomstebron
Amper 47 persent van net meer as 756 000 huishoudings in die land maak staat op ‘n salaris as hoofbron van inkomste. Van die groep is amper 60 persent in stedelike gebiede net die res, landelik. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se sensus-uitslae is daar ‘n skokkende 13,8 persent van huishoudings wat staatmaak op die oumens […]
Kenner sê oor begroting
Die middeltermyn-begrotingsoorsig skets strategiese aanpassings aan fiskale beleid wat daarop gemik is om makro-ekonomiese stabiliteit te handhaaf, met ‘n fokus op die herbou van fiskale buffers, die aanspreek van dringende maatskaplike behoeftes en die bevordering van ekonomiese groei. Dit kom te midde van uitdagings soos swak globale vraag en klimaatverwante risiko’s. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Eerste klopjagte op spazawinkels in Tshwane
ActionSA in Tshwane sê die onlangse klopjagte op vermoedelik onwettige spazawinkels in Streek twee en ses is nodig en word verwelkom. Ses kinders is sowat twee weke gelede in Naledi, Soweto, dood nadat hulle lekkernye geëet het wat by spazawinkels gekoop is. Die Departement van Gesondheid het bekendgemaak dat die kinders dood is aan organofosfaat, […]
Arnie staan by Kamala, Buzz Aldrin by Donald
Die akteur en gewese Republikeinse goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het die jongste bekende geword wat visepresident Kamala Harris steun in volgende week se Amerikaanse verkiesing. Schwarzenegger sê as Donald Trump wen, sal hy mense verdeel, beledig en nuwe maniere vind om on-Amerikaans te wees. Intussen het die beroemde ruimtevaarder Buzz Aldrin gesê hy staan […]