Israel sê top-Hezbollah vuurpyl-bevelvoerder dood

Die Israeliese weermag sê hulle het ‘n top-Hezbollah-bevelvoerder doodgemaak wat volgens hulle in bevel was van vuurpyl- en tenkmissiel-aanvalle teen Israelse magte in die suide van Libanon. Die weermag sê Abu Ali Rida, die Hezbollah-bevelvoerder van die Baraachit-gebied in Suid-Libanon, is in ‘n lugaanval dood, sonder om uit te wei oor wanneer hy dood is. […]

Read More

MotoGP-titel sal in laaste resies beslis word

Motorsport: Die verdedigende wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, kan steeds sy MotoGP-titel behou nadat hy die Maleisiese Grand Prix gewen het. Die Italianer het drie sekondes voor sy kampioenskapsmededinger, Jorge Martin, geëindig, met Enea Bastianini derde. Brad Binder van Suid-Afrika was in ‘n ongeluk betrokke en kon nie klaarmaak nie. Die kampioenskap sal later die maand in […]

Read More

Opul stel weer uitsetverhogings uit, olie klim

Oliepryse het vanoggend begin styg met Brent wat met amper 3 persent toegeneem het, in reaksie op Opul se aankondiging dat hy sy planne om uitset te verhoog met ‘n maand uitstel. Brent verhandel tans net onder 75 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul stel die beplande verhoging van sy uitset sedert Oktober uit en nou […]

Read More

Krumhuk pionier biodinamiese boerdery

Biodinamiese boerdery, ‘n holistiese benadering tot landbou, kry wêreldwyd toenemende erkenning. Dit beklemtoon die onderlinge verbondenheid van alle lewende organismes, insluitend die grond, plante, diere en mense. Deur in harmonie met die natuur te werk, beoog biodinamiese boere om volhoubare en regeneratiewe landboustelsels te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ulf Voigts, ‘n biodinamiese […]

Read More

Rusland lanseer Iranse satelliete môre

Rusland sal môre twee Iranse satelliete in ‘n wentelbaan lanseer met ‘n Soyuz-lanseerder, het Iran se ambassadeur in Moskou vandag gesê, terwyl die twee lande hul wetenskaplike verhouding verdiep. Die twee satelliete, Kowsar en Hodhod, sal na ‘n 500 km-baan om die aarde gelanseer word. Die ontwikkeling van Kowsar, ‘n hoë-resolusie beeldsatelliet, en Hodhod, ‘n klein […]

Read More

Voetgangers, fietsryers in die soeklig met nuwe ongeluksyfers

Die Namibiese polisie sê hy het kommer oor die hoë getalle voetgangers wat in ongelukke betrokke is. Vanaf 1 Januarie tot 30 September vanjaar is 92 voetgangers dood regoor die land. Oshana het die hoogste syfer op 15. Daar was 696 voetgangers wat in ongelukke beseer is in dieselfde tydperk met Khomas wat eerste geplaas […]

Read More

Wanvoeding en sterftes duur voort

Reaksie word ontvang op die jongste wanvoedingsyfers – die keer vanaf die Hardap-streek. Volgens plaaslike berigte is vier kinders dood en 188 is in die hospitaal weens wanvoeding waaronder 109 op Rehoboth, 62 in Mariental en 17 in Aranos. Die syfers dek Januarie tot Augustus vanjaar. Oud-gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Melkplaas by Mariental het water, sal ook boor

Ohlthaver en List se !Aimab-melkplaas by Mariental, het genoeg water. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, voorsitter en uitvoerende hoof van die groep gesels na watertoevoer vanaf Hardapdam na die besproeiingskema gestaak is as gevolg van die dam se lae vlakke.

Read More

Hoogs oneties vir Namcor en kie om by saamtrekke te praat

Die praktyk dat bestuurders van staatsondernemings by Swapo-saamtrekke praat, laat vrae ontstaan oor hul politieke neutraliteit en rol. Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, het die naweek tydens ‘n Swapo-saamtrek in Windhoek-Wes gepraat waar sy partylede ingelig het oor Namcor se bydraes tot die land. Sibeya het gepraat ná die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe, […]

Read More

Namibië weer aangewys as beste vir paaie in Afrika

Die bekroonde Duitse aanlynplatform vir wêreldstatistiek, Statista, het weer Namibië benoem as die Afrika-land met die hoogste gehalte van padinfrastruktuur. Die land kom op 5,57 uit sewe in met Egipte, tweede, op 5,53. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid.

Read More