Beserings tref All Blacks voor Ierland-toets
Rugby: Die All Blacks het twee van hulle staatmakers verloor voor Vrydag se toets teen Ierland in Dublin. Die losskakel Beauden Barrett en die haker Codie Taylor het albei harsingskudding opgedoen in Saterdag se naelskraapse oorwinning van 24-22 oor Engeland op Twickenham. Hoofafrigter Scott Robertson het hulle vervang met Harry Plummer en Brodie McAlister, wat […]
Weglating van sensus-indiensnemingsdata ‘lyk na polities gemotiveerd’
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, veroordeel die Namibië Statistieke Agentskap ten sterkste vir die weerhouding van kritieke indiensnemingsdata van die 2023-sensus, en beskou dit as ‘n skending van deursigtigheid en ‘n poging om die nadelige uitwerking van regeringsbeleid op ekonomiese groei en indiensneming te verdoesel. Epra het sedert 2016 voortdurend kommer geopper dat sekere […]
Finale hervestigingskriteria onder die loep
Landbouminister Calle Schlettwein het die nasionale valideringswerkwinkel om die finale konsep van die hervestigingskriteria te hersien in die hoofstad geopen. Hy sê die hervestigingsbeleid het tekortkominge gehad en dit word nou aangespreek. Generasionele plaaswerkers wat hul werk verloor het en mense wat in korridors woon, sal deur programme gehelp word. Nog ‘n prioriteit is dat […]
IPC vaar teen Swapo uit oor Namcor, Mnyupe
Die IPC sê hy veroordeel Swapo onomwonde vir sy flagrante misbruik van openbare bates by die saamtrek waar Namcor en groenwaterstof-kommisaris James Mnyupe vir partypropaganda uitgebuit is. Die party sê die gebruik van openbare hulpbronne om partybelange te bevorder is nie net oneties nie, dit ondermyn ook bestuurbeginsels. Die IPC beskuldig Swapo ook van manipulasie […]
Groenwaterstofsektor ‘kort deursigtigheid om korrupsie te keer’
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, se jongste blog beklemtoon korrupsierisiko’s in die groenwaterstofsektor, en let op die afwesigheid van deursigtigheidbesprekings by die onlangse Groenwaterstofberaad. Ten spyte van vorige skandale soos die Fishrot- en SME Bank-sake, is daar ‘n gebrek aan deursigtigheid in projekdokumente, finansiering en grondtoekenning, sowel as kommer oor onvoldoende gemeenskapskonsultasie en begunstiging. […]
Namcor is en bly apolities, sê woorvoerder
Daar is vrae oor die politieke neutraliteit en etiek van staatsondernemings soos Namcor en die Groenwaterstof-program. Dit kom na Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, en die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe die naweek by ‘n Swapo-saamtrek gepraat het. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, sê hulle erken openbare kommer hieroor, maar verseker Namibiërs dat hulle […]
DA lê teen-korrupsiewetsontwerp ter tafel
Die DA sê hy het die Wetsontwerp op die Een-en-Twintigste Wysiging van die Grondwet, ook bekend as die teen-korrupsiewetsontwerp, in die parlement ter tafel gelê. Glynnis Breytenbach van die DA sê soos beloof in die party se 2024-verkiesingsmanifes, wil die wetsontwerp ‘n teen-korrupsiekommisie instel as ‘n onafhanklike Artikel 9-instelling, net gefokus op die ondersoek en […]
La Dolce Vita Orient Express trein begin in 2025 loop
Die langverwagte La Dolce Vita Orient Express-trein word in 2025 in Italië bekend gestel. Die trein kry sy inspirasie van die glansryke lewenstyl van die 1960s’ en ’70s en het nege passasierswaens. Die sjef met drie Michelin-sterre, Heinz Beck, sal eet-ervarings uit die boonste rakke bedien, wat geïnspireer is deur die 14 Italiaanse streke van […]
Koli, Sharma moet verduidelik oor tuisnederlaag
Krieket: Virat Kohli en Rohit Sharma kom vandag onder skoot terwyl Indië herkou aan sy tuisnederlaag met 3-0 teen Nieu-Seeland. Kritici sê die span is te oud, met min selfvertroue. Die eens magtige krieketland het gister die derde toets in Moembaai met 25 lopies verloor in slegs hulle tweede skoonskip-tuisnederlaag. Dit het Nieu-Seeland se geskiedkundige […]
Groot aanvraag regverdig nog groenwaterstof-aanlegte
Die Namibië Groenwaterstof-program se span is besig met voor-uitvoerbaarheidstudies om nog ‘n groenwaterstof- en -ammoniak produksie-aanleg in die Suide te bou. Navorsing en ontledings word nog gedoen om ‘n geskikte terrein vir die aanleg te bepaal. Die program se webwerf lys tans vyf projekte. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die plaaslike energie-kenner Harald […]