Melkplaas by Mariental het water, sal ook boor
Ohlthaver en List se !Aimab-melkplaas by Mariental, het genoeg water. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, voorsitter en uitvoerende hoof van die groep gesels na watertoevoer vanaf Hardapdam na die besproeiingskema gestaak is as gevolg van die dam se lae vlakke.
Hoogs oneties vir Namcor en kie om by saamtrekke te praat
Die praktyk dat bestuurders van staatsondernemings by Swapo-saamtrekke praat, laat vrae ontstaan oor hul politieke neutraliteit en rol. Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, het die naweek tydens ‘n Swapo-saamtrek in Windhoek-Wes gepraat waar sy partylede ingelig het oor Namcor se bydraes tot die land. Sibeya het gepraat ná die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe, […]
Namibië weer aangewys as beste vir paaie in Afrika
Die bekroonde Duitse aanlynplatform vir wêreldstatistiek, Statista, het weer Namibië benoem as die Afrika-land met die hoogste gehalte van padinfrastruktuur. Die land kom op 5,57 uit sewe in met Egipte, tweede, op 5,53. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid.
Quincy Jones sterf op 91
Quincy Jones, ‘n titaan van Amerikaanse vermaaklikheid wat saam met sterre soos Frank Sinatra tot Michael Jackson en Will Smith gewerk het, is op die ouderdom van 91 oorlede. Jones se media-beampte, Arnold Robinson, sê hy is Sondagaand by sy huis in die Bel Air in Los Angeles, oorlede. Jones was waarskynlik die veelsydigste popkulturele […]
Kenner sê kwota is aan Meatco gegee oor kompetisie wat vir hom kom
Vyf-en-sewentig persent van Namibië se jaarlikse Noorweegse beesvleis kwota van 1 600 ton is deur die kabinet aan Meatco toegeken vir vyf jaar, van 2024 tot 2028. Die oorblywende 25 persent van die kwota is vir dieselfde tydperk aan Beefcor toegeken. Dit beteken nuwe abattoirs, onder meer Reho Meat Processors en Savanna Beef, is vir […]
Amerikaanse beleid hang nie af van wie in die Withuis is nie
Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê die beleid waarop Suid-Afrika en Amerika se verhouding gebou is, hang nie af van wie in die Withuis is nie, maar van nasionale belange. Amerikaners gaan môre na die stembus om in die wedloop tussen visepresident Kamala Harris en oudpresident Donald Trump te stem. Die ANC se subkomitee […]
14 vlugtelinge in Uganda dood na weerlig
Minstens 14 mense, insluitend verskeie kinders, is dood na weerlig hulle in ‘n vlugtelingkamp in die noorde van Uganda getref het. Amptenare sê die slagoffers was inwoners van die Palabek-kamp, wat hoofsaaklik mense huisves wat uit Suid-Soedan ontheem is. Hulle het ‘n gebedsdiens in ‘n tydelike metaalstruktuur bygewoon toe die weerlig hulle getref het. Kituuma […]
Israel stel VN in kennis oor UNRWA-verbod
Israel het vandag gesê hy het die Verenigde Nasies formeel in kennis gestel van sy besluit om bande met UNRWA, die agentskap wat Palestynse vlugtelinge ondersteun, te verbreek nadat wetgewers gestem het om die organisasie te verbied. UNRWA is volgens hom deel van die probleem in die Gaza-strook en nie deel van die oplossing nie. […]
Kredietopname groei weer, uiters belowende aanwyser
Volgens die Bank van Namibië het privaat sektor krediet vir die derde opeenvolgende maand gestyg tot 3 persent in September, vergeleke met 2,1 persent in Augustus. Die Bank skryf die groei toe aan ‘n toename in kredietopname deur beide besighede en huishoudings, deels weens laer rentekoerse. Jaarlikse groei in besigheidskrediet het vir die vierde opeenvolgende […]
Meer as 7 700 kinder-huishoudings in die land
Die jongste sensus-uitslae dui aan dat huishoudings waar ‘n kind aan die hoof staan tot 0,9 persent afgeneem het tenoor 1,1 persent in 2011. Intussen is huishouding wat deur ‘n weeskind bestuur word ook effe minder op 0,2 persent, af van 0,4 persent in 2011. Dit beteken daar is 7 754 huishoudings in die land […]