Visserye minister luister na Okapale-vissers oor werkprobleme
Visserye minister Derek Klazen werk saam met vakbonde in Walvisbaai om klagtes van Okapale-vissers oor die regering se indiensneming-regstelling program aan te spreek. Vorige vergaderings het slegs komiteelede betrek, maar die minister gesels nou direk met vissermanne om misverstande uit die weg te ruim. Die program is in 2020 volgens ‘n kabinetsbesluit gestig en het […]
Hartlief Shop & Bistro heropen!
Die Hartlief Shop and Bistro in Windhoek se noordelike industriële area heropen môre. Die kleinhandel-perseel is op 7 April deur ‘n brand verswelg en was maande lank toe vir restourasie. Die fabriek is nie deur die brand geraak nie, en net die winkel en bistro was grootliks beskadig.
Oud-burgemeester skuldig aan aanranding
Die voormalige burgemeester van die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat, Thanduxolo Khalipha, is in die Landdroshof in Odendaalsrus skuldig bevind aan aanranding en neerhalende opmerkings. Hy is deur die ANC geskors kragtens die opsystaanreël na die aanklagte. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag Mojalefa Senokoatsane sê Khalipha is skuldig bevind aan aanranding en die […]
Nieu-Seeland klop Indië, wen reeks 3-0
Krieket: Nieu-Seeland het ‘n ongehoorde 3-0 reeksoorwinning in Indië behaal. Die Swart Pette het die gashere uitgeboul vir 121 op ‘n moeilike blad vir ‘n 25-lopie-oorwinning op die derde dag van die derde en laaste toets in Moembaai. Die laaste keer dat die Indiërs so ‘n nederlaag beleef het was in 2000, in ‘n reeks […]
Verkiesingsmateriaal na buitelandse sendings gestuur: ECN
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die suksesvolle voltooiing van die versending van stemmateriaal na 33 van Namibië se 35 diplomatieke sendings in die buiteland aangekondig. Namibiërs in die buiteland stem op 13 November, en die materiaal vir Ondjiva en Menongue in Angola moet nog voltooi word. Die verpakking is op 31 Oktober gedoen, en die […]
Talle beseer toe toeristetrein botsing probeer vermy
Sestien mense is beseer toe ‘n toeristetrein wat bedryf word deur die Ceres-spoormaatskappy skielik moes stop om ‘n botsing met nege staande Transnet-vragdraers in die Kaapstadse hawe te vermy. Die maatskappy sê die voorval het gebeur weens spoorpunte wat nie reg ingestel was nie. Die skielike rempoging het passasiers vorentoe gegooi, met deure en kajuitmeubels […]
Trump Junior kasty media by Arizona-saamtrek
Donald Trump Junior het die media aangeval op ‘n Republikeinse veldtogbyeenkoms in Arizona. Hy en JD Vance het ondersteuners toegespreek by ‘n wapenvervaardiger in Scottsdale, waar die seun van die voormalige president die pers “full-on propaganda” genoem het. Hy sê hoe erg mense ookal die media verag, is dit nie genoeg nie. Donald Trump het […]
Norris wen Sao Paulo snelren, blaas in Verstappen se nek
Motorsport: Oscar Piastri het gehoor gegee aan die McLarenspan se opdrag en Lando Norris gister ‘n snelren-oorwinning in Sao Paulo gegee. Die eerste en tweede plek vir McLaren het Max Verstappen se Formule Een-voorsprong oor sy Britse uitdager na 45 punte verklein. Piastri het in die eerste plek weggespring en was voor totdat hy twee […]
NEFF stel manifes bekend, Amushelelo heraangestel
Die Namibia Economic Freedom Fighters het Saterdag sy verkiesingsmanifes in Windhoek bekendgestel. NEFF-leier Epafras Mukwiilongo het gesê as hulle aan bewind kom, sal 1 miljard Namibiese dollar belê word in Kunsmatige Intelligensie in die staatsdiens. Die projek sal deur Nust en Unam gekanaliseer word. Die party sal ook alle vorme van buitelandse grondbesit afskaf. Onderwyskommissaris […]
Onderwysministerie ondersoek kontrak-skeidingsbetalings
Kontrakonderwysers in die Khomas-streek kla dat hulle nog nie hul skeidingsbetalings ontvang het nie, terwyl hul kontrakte op 31 Desember 2023 geëindig het. Hulle sê anders as hul eweknieë in die Oshikoto-streek wat in Januarie betaal is, wag hulle steeds op hul betalings. Die onderwysers het ‘n beroep op die uitvoerende direkteur van onderwys gedoen […]