Marnus kry kans vir Aussies

Die gebore Suid-Afrikaner, Marnus Labuschagne, sal Australië op die eendag-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig nadat hy aanvanklik weggelaat is. Hy is by die groep ingesluit nadat Ashton Agar ʼn kuitbesering opgedoen het. Travis Head het sy hand onlangs in Suid-Afrika gebreek en is nog nie slaggereed nie, maar sal saam met die Baggy Green na Indië reis en hoop om in die laaste fases fiks […]

Read More

Binnegevegte duur voort in Tshwane

Die DA in Gauteng sê ActionSA het die Tshwane-burgemeester in die rug gesteek en die mat onder die koalisie uitgeruk. Dit volg nadat die party sonder om met die veelparty-koalisie te beraadslaag, ʼn dringende mosie by die raad se speaker ingedien het om Brink te dwing om met stakende werkers te onderhandel. Kwena Moloto van […]

Read More

Amunime sê NEFF laat Amushelelo in die steek

Die arbeidsaktivis en Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters-lid Michael Amushelelo, wat agter tralies sit nadat hy op Onafhanklikheidsdag gearresteer is by ‘n protesoptog teen jeug-werkloosheid, is deur sy party in die steek gelaat, volgens mede-aktivis Simon Amunime. Amushelo is borgtog geweier omdat hy ‘n hofbevel oor borg in ‘n ander saak verbreek het. Amunime het aan Kosmos […]

Read More

Zuma manipuleer die regstelsel

Advokaat Tembeka Ngcukaitobi het aan die Appèlhof in Bloemfontein gesê oudpresident Jacob Zuma is besig om die regstelsel op ʼn siniese manier te misbruik en te manipuleer. Die hof het uitspraak voorbehou in Zuma se poging om te appelleer teen die Pietermaritzburgse Hooggeregshof se beslissing teen sy poging om die joernalis, Karyn Maughan en staatsaanklaer […]

Read More

Eswatini stem vandag vir 59 LP’s

Eswatini stem vandag om parlementslede in die laaste absolute monargie in Afrika te verkies. Regeringsowerhede sê dit is ‘n geleentheid vir die Swati-mense om vir hulle ideale regering en voorkeurstelsel van regering te stem. Eerste Minister Cleopas Sipho Dlamini sê die verkiesings gee landsburgers die geleentheid om oor hul toekomstige leierskap te besluit. Daar is […]

Read More

Mikroplastiek kom in wolke voor

Navorsers in Japan bevestig mikroplastiek kom in wolke voor en beïnvloed waarskynlik die klimaat. Volgens ‘n studie in die vaktydskrif, Environmental Chemistry Letters, het wetenskaplikes bevind 10 miljoen ton mikroplastiek word deur mense en diere ingeneem of ingeasem, nadat dit in die longe, hart, bloed en plasenta opgespoor is. Die studie onthul dat mikroplastiek moontlik […]

Read More

Johannesburg se waterkrisis wek kommer

Die United Democratic Movement in die buurland sê hy is diep bekommerd oor die waterkrisis in Johannesburg waar die krane in baie huise die afgelope tyd dae lank droog was. Die tekorte is veroorsaak deur groot probleme met Rand Water se pype wat water aan Johannesburg Water se reservoirs voorsien. UDM se hoofsekretaris, Yongama Zigebe, sê vervalle infrastruktuur is die hoofoorsaak van die […]

Read More

Aminuis-streeksleiers ondersteun Russe vir uraanontginning

Plaaslike media berig dat die streeksleiers van Aminuis wat onlangs op ‘n toer na Dalur JSC, ‘n filiaal van Rosatom, in die Kurgan-streek in suidelike Rusland was, gereed is vir uraanontginning om in die Leonardville omgewing te begin. Die afvaardiging was ingelig oor die prosesse van in-situ-loging, wat die grootste kommer plaaslik wek vir die uraan-reus se bedrywighede. Daar word berig dat die Ovaherero se senior raadslid vir die gemeenskap Gustav Kauta Headsprings Investments wil […]

Read More

Werkskepping misluk in SA

Die GOOD Party in Suid-Afrika sê die 39 000 werksgeleenthede wat tussen Maart en Junie vanjaar geskep is, word verwelkom maar sal min bydra om die werkloosheidkrisis in die land te beëindig. Altesaam 13,3 miljoen landsburgers is nie ekonomies aktief nie. Die GOOD Party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hy is ook bekommerd oor tydelike of deeltydse werke wat geskep word en ʼn vals beeld […]

Read More

WGO doen beroep vir inenting teen servikale kanker

Servikale kanker eis elke twee minute die lewe van ‘n vrou, waarvan die meeste in armer lande voorkom. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê dit is voorkombaar met ‘n inenting. 

Read More