
VN-spanne in Gaza kry uiteindelik vragmotors met hulp - May 22, 2025
Meer as 90 vragmotors met humanitêre hulp is deur Verenigde Nasie-spanne in die Gaza-strook ontvang, drie dae nadat Israel ‘n 11-week lange blokkade verlig het. Die hulp, wat meel, babakos en mediese toerusting insluit, is by die Kerem Shalom-kruising opgetel en na pakhuise geneem vir verspreiding. Israeliese owerhede sê dat hulle Woensdagaand ‘n ekstra 100 […]
Brisbane maak reg vir 2032 Olimpiese Spele - May 22, 2025
Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het sy vertroue uitgespreek dat die organiseerders op die regte pad is om 2032 se Spele in Brisbane, Australië, aan te bied. Die IOK se aangewese president, Kirsty Coventry, het vandag die derde Brisbane 2032-koördineringsvergadering bygewoon. Die hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Andrew Liveris, sê dis ʼn groot verligting […]
Belangrikheid van ‘n openbare verkryging-hof onderstreep - May 22, 2025
Tydens die Nasionale Raad se sitting het Swapo parlementslid Augustinus Tebele die belangrikheid van ’n gespesialiseerde hof vir openbare verkryging beklemtoon. Hy sê dit sal help om vertragings te verminder en konsekwente uitsprake te verseker, en groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in openbare verkrygingsprosesse bevorder.
GOOD het kommer oor DA, AfriForum se verhouding - May 22, 2025
Die GOOD-party sê die verhouding tussen AfriForum en die DA is kommerwekkend, aangesien die een verantwoordelik was vir die afkraking van Suid-Afrika se integriteit in Amerika terwyl die ander deel is van die regering van nasionale eenheid. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum het regstappe teen die Tshwane-metro ingestel oor nuwe heffings, maar nog […]
Twee dood, 2 vermis in rekordvloede in Australië - May 22, 2025
Twee mense is dood en twee word vermis nadat groot oorstromings in Nieu-Suid-Wallis, Australië, daartoe gelei het dat meer as 50 000 mense gewaarsku is hulle sal dalk moet ontruim. Volgens die BBC is die rekordreënval veroorsaak deur ‘n stadig-bewegende laagdruk-gebied en dit is nou tot ‘n natuurramp verklaar. Meer as 100 skole is gesluit […]
Pacquiao, 46, kondig terugkeer-geveg aan - May 22, 2025
Boks: Die legendariese Manny Pacquiao kom terug uit aftrede op 46 om Mario Barrios op 19 Julie in Las Vegas uit te daag om die WBC-weltergewigtitel. Die Filippynse bokser, wat al in agt afdelings wêreldtitels verower het, het die geveg op Instagram aangekondig en gesê sy doelwit is om geskiedenis te maak. Pacquiao, wat in […]
DBV verduidelik nie-optrede na Danger se tweede werpsel van 17 - May 22, 2025
Die hond Danger wat verlede jaar in die nuus was nadat sy ‘n rekordgetal 17 kleintjies gehad het, is weer ‘n nuusmaker nadat sy nog ‘n werpsel van 17 gehad het. Daar het ‘n herrie op sosiale media hieroor losgebars, met die publiek wat aandring dat die Dierebeskermingsvereniging moet optree. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie […]
Brave Warriors in Groep B vir 2025 Cosafa-beker - May 22, 2025
Namibië se nasionale sokkerspan, die Brave Warriors, is in Groep B geloot vir die 2025 Cosafa-beker wat van 4 tot 15 Junie in Mangaung in Suid-Afrika sal plaasvind. Hulle sal in die groepfase van die streektoernooi teen Angola, Malawi en Lesotho te staan kom. Vanjaar se toernooi bestaan uit 14 spanne, waaronder debutant Marokko, ‘n […]
Planne vir Volksmoord herdenkingsdag in volle swang - May 22, 2025
Inligtingminister Emma Theofelus het die sewende kabinetsbesluite gelewer by ‘n regeringsinligtingsessie, na die kabinet se vergadering op 20 Mei. Die eerste Volksmoord herdenkingsdag vind op 28 Mei plaas. Die minister het meer inligting. Daar was ook ‘n opdatering oor die Jeugfonds.
RP-president Mudge waarsku oor nuwe pandemie-verdrag - May 22, 2025
Lede van die Wêreldgesondheidsorganisasie het na drie jaar ‘n verdrag aanvaar om beter voor te berei vir toekomstige pandemies. Die ooreenkoms, wat in Genève aangeneem is, volg op die swak wêreldreaksie op Covid-19 en word as ’n oorwinning vir wêreldgesondheid beskou. Gesondheidskundiges verwelkom dit as ’n stap na groter billikheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]