Stad Windhoek betaal sy amptenare gans te veel: IPC
Stad Windhoek is kommersieel bankrot met laste wat bates ver oorskry, volgens ouditeur-generaal Junias Kandjeke. Die Stad se laste oorskry sy bates met honderde duisende Namibiese dollar en ten spyte van die reuse-uitdagings is daar geen omkeer strategie in sig nie. Reaksie is ontvang van Brian Black, die IPC se nasionale voorsitter, wat sê die […]
Ontluikende markte bewe na Trump se terugkeer
Ontluikende markte het gewankel met Donald Trump wat tot Amerikaanse president verkies is. Sy terugkeer na die Withuis het geldeenhede en aandele ontsenu, insluitend die Meksikaanse peso wat met 3,3-persent teruggesak het terwyl Die Hang Seng-indeks in Hongkong meer as 2-persent verloor het. Volgens News24 bedreig Trump se beleid van Amerika Eerste, insluitend tariewe en […]
NDP loods ‘verkiesing guerrilla-veldtog’
Die president van die Nasionale Demokratiese Party, Lukato Lukato, het gepraat by die bekendstelling van die party se “verkiesing guerrilla-veldtog” in Windhoek. Lukato, wat saam met die Verkiesingskommissie van Namibië na Johannesburg gereis het om te kyk hoe die stembriewe gedruk word, het die proses gekritiseer. Hy moedig Namibiërs aan om vir hom en die […]
Trump sê hy sal Amerika se toekoms aanpak
Dit is nou amptelik: Donald Trump gaan na die Withuis terugkeer nadat hy ‘n oorwinning behaal het oor sy Demokratiese teenstander, Kamala Harris. Die Republikeine het ook beheer van die Senaat by die Demokrate afgeneem. Trump beskryf hierdie verkiesingsveldtog as Amerika se goue era om nasionale grootsheid te herstel. Hy onderneem om sleutelkwessies vir Amerika […]
Skotland sonder skittervleuel Graham teen die Bokke
Rugby: Skotland speel Sondag in Edinburgh teen die Springbokke sonder die vleuel Darcy Graham, wat verlede naweek vier drieë gedruk het in die oorwinning van 57-17 oor Fidji. Hy het ʼn kopbesering opgedoen toe hy sy vierde drie druk en afrigter Gregor Townsend het bevestig hy is nie beskikbaar nie. Kyle Rowe, wat beïndruk het […]
Sommige openbare ondernemings 5 jaar agter met ouditverslae
Namibië se openbare ondernemings raak agter met die indiening van hul ouditverslae binne die wetlik vereiste spertye. Dit is volgens finansminister Ipumbu Shiimi, wat onthul het dat sommige entiteite meer as vyf jaar agterstallig is. Hy het gepraat tydens NamRA se oorhandiging van sy 2023/2024-jaarverslag, waar hy die deurslaggewende rol erken het wat tydige verslagdoening […]
Outa sê ‘nee’ vir Eskom se 66% verhogings
Die Organisasie teen Belastingmisbruik is gekant teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitsprysverhoging van 66-persent oor drie jaar en beskou dit as onbekostigbaar en tot nadeel van die ekonomie. Hulle vra die kragvoorsiener om daarop te fokus om uitgawes te besnoei asook die verbetering van doeltreffendheid en om hom toe te spits op skoon energie. Outa-woordvoerder, Stefanie […]
Sabalenka vroue-tennis se nuwe Nr. 1
Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus is die eerste keer in haar loopbaan die wêreld se nommer een op die jaareind-puntelys. Die heersende kampioen van die Australiese en Amerikaanse Ope is die 16de vrou in WTA-geskiedenis om ʼn jaar as nommer een af te sluit. Hierdie prestasie is bevestig nadat die Amerikaner Coco Gauff die verdedigende […]
KI moet skoolkurrikulum betree
Kunsmatige intelligensie en die werkplek is reeds ‘n geruime tyd in die nuus en dit raak amper alle loopbane. Namibië is nie van hierdie nuwe wenteling uitgesluit nie en daar is beroepe dat nie net jongmense nie, maar die hele onderwysstelsel sal moet aanpas by die tegnologie. Eben Basson, Old Mutual se hoof van data […]
Intimidasie deur Mpumalanga-taxi’s veroordeel
Die VF Plus het intimidasie deur minibustaxiverenigings in Mpumalanga veroordeel. Hulle dring aan op onmiddellike optrede teen hierdie gedrag, nadat video’s op sosiale media waarin beweerde sekerheidspersoneel bestuurders dreig, hulle van die pad af dwing en onwettig beboet. Die VF Plus-lid, Werner Weber, het die owerhede se gebrek aan optrede gekritiseer en beloof om die […]