Rugby: Nieu-Seelandse legendes draf uit teen Bokke May 23, 2025
Die gewese Nieu-Seelandse kaptein, Sam Cane, en Ierland se legendes Peter O’Mahony en Conor Murray, is die eerste spelers wat ingesluit is by die Barbarians-span wat volgende maand in Kaapstad teen Suid-Afrika speel. Die drie wat in 352 internasionale wedstryde uitgedraf het, verteenwoordig die Barbarians vir die eerste keer. Die Barbarians se hoofafrigter, Robbie Deans, sê sy groep sal bestaan uit internasionale hoëprofiel-sterre en ander uitsonderlike presteerders van Europese klubs, Super Rugby en die Japannese liga.