
Krieket: Protea-vroue wen in Barbados - June 15, 2025
Dis een elk in die reeks van drie eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande nadat die Protea-vroue Saterdag die tweede wedstryd met 40 lopies by die Cave Hill Oval in Barbados gewen het. Die Suid-Afrikaners se kolforde het uitgeblink met 309 vir 9, insluitend Sune Luus se 76 van net 65 balle. Nondumiso Shangase het […]
Israelse lugaanvalle eis nóg 12 in Gaza - June 15, 2025
Plaaslike gesondheidsowerhede sê minstens 12 Palestyne is vandag regoor Gaza in Israelse lugaanvalle dood. Ten minste vyf van hulle is naby twee hulpsentrums dood wat deur die VSA-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation bedryf word. Medici by die Al-Awda-hospitaal in die sentrale Gazastrook sê ten minste drie mense is dood en tientalle gewond in Israelse vuur toe hulle probeer […]
Bosa: Voorgestelde wetwysiging verbloem loonongelykheid - June 15, 2025
Build One South Africa sê die voorgestelde wysiging van die Wet op Gelyke Indiensneming verbied werkgewers om vorige betaalstrokies te gebruik om salarisse vas te stel. Die partyleier Mmusi Maimane sê dit verskans loonongelykheid en beperk werkers tot lae-inkomste siklusse. Hy versoek deursigtigheid en billike werksadvertensies. Maimane sê dit bevorder waardigheid en ekonomiese deelname, veral vir […]
Namibië verbind tot gesonde, veilige werksplek - June 15, 2025
Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige werksplek vir almal, het Immanual […]
N/a’an ku sê ‘n miernes van bedrywighede - June 15, 2025
Die N/a’an ku sê-stigting is besig met verskillende projekte om die natuurlewe in die land te beskerm, en een daarvan is hul eie teen-stropingseenheid. Die stigting het ook ‘n kliniek in Epukiro om gesondheidsorgdienste aan die San-gemeenskap te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, een van die medestigters van N/a’an […]
Ramaphosa op pad na G7-beraad , wêreldleiers - June 15, 2025
President Cyril Ramaphosa het na Kananaskis, Kanada, vertrek om die 2025 G7-leiersberaad by te woon. Hy sal bilaterale gesprekke voer met die Kanadese premier Mark Carney, die Duitse kanselier Friedrich Merz, en ‘n tweede keer met president Donald Trump ontmoet. Die beraad fokus op energiesekerheid, innovasie en sterk mineraal-voorsieningskettings. Ramaphosa beoog om G7-pogings in ooreenstemming […]
‘Oorlog is ook ‘n klimaatskrisis’ - June 15, 2025
Die Klimaatgeregtigheidskoalisie sê oorlog is nie net ʼn menseregtekrisis nie, dis ook ʼn klimaatskrisis. Navorsing deur die Klimaat- en Gemeenskapsprojek toon koolstofvrystellings was in die eerste 60 dae van die konflik tussen Israel en Gaza in 2023 meer as die jaarlikse vrystellings van meer as 30 lande. Sonkrag wek sowat ʼn kwart van Gaza se […]
Sokker: Bafana Bafana pak Angola in Cosafa-eindstryd - June 15, 2025
Bafana Bafana speel vandag teen die verdedigende kampioen Angola in die 2025 Cosafa-beker-eindstryd in Bloemfontein. Suid-Afrika het hul plek verseker met ‘n 3-1 oorwinning oor die Comore, terwyl Angola Madagaskar met 4-1 geklop het. Afrigter Vela Khumalo het ‘n aggressiewe begin vir Bafana beklemtoon. Suid-Afrika, wat tiende in Afrika is, soek hul vierde titel, terwyl […]
Planne om meer water in Erongo te ontsout - June 15, 2025
Planne is onderweg om die kapasiteit van die Erongo-ontsoutingsaanleg te vergroot. Volgens die Franse operateur Orano lewer die aanleg tans 22,5 miljoen kubieke meter water jaarliks en word beplan om dit na 25 miljoen kubieke meter te verhoog. Sou die vraag dit regverdig, kan die aanleg se kapasiteit selfs tot 45 miljoen kubieke meter per […]
Mthatha-dam nie oorsaak van vloede - June 15, 2025
Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê die oorloop was natuurlik en […]