
NamPower versoek om rente te skrap - July 5, 2025
Plaaslike- en streeksowerhede se agterstallige skuld by NamPower neem gemiddeld met 10 miljoen Namibiese dollar elke maand toe, sê die Elektrisiteitsbeheerraad. In ‘n poging om dié owerhede te help om hul skuld te delg, het die ECB voorgestel dat NamPower sy rentebeleid hersien. NamPower behoort die skrap van rente op agterstallige skuld te oorweeg, sê […]
Polisie ondervra 19 oor skietery in Michells Plein - July 5, 2025
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê 19 mense word ondervra oor die bendeverwante skietery in Mitchells Plain, waarin vyf mense dood en verskeie ander beseer is. Drie van die arrestasies was vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy bevestig meer as 100 beamptes is intussen na die betrokke gebiede ontplooi. Hy versoek enigiemand […]
Brics-beraad sonder Xi, Putin - July 5, 2025
‘n Beraad vir Brics-nasies word Sondag in Rio de Janeiro gehou, met lede wat hoop om hul menings te lug oor wêreldwye krisisse, maar hulle is lugtig oor die Amerikaanse president Donald Trump se beleid. Die stad is gasheer vir leiers en diplomate van 11 opkomende ekonomieë, insluitend China, Indië, Rusland en Suid-Afrika, wat byna […]
Vingegaard, Pogacar trap in Tour de France - July 5, 2025
Die tweemalige-kampioen Jonas Vingegaard sê hy is vol vertroue dat hy weer eens die Tour de France kan wen. Fietsry se grootste wedren behels ook een van die sport se grootste persoonlike kompetisies, met die sagsprekende Vingegaard wat meeding met die verdedigende kampioen, Tadej Pogacar, wat ‘n meer flambojante styl handhaaf. Die Sloween, Pogacar val […]
Gesondheid ken tientalle beurse toe - July 5, 2025
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes opgelewer het, met 400 wat […]
Strenger maatreëls beloof ná SA bedrogskandaal - July 5, 2025
Die Departement van Indiensneming en Arbeid beplan om strenger beheermaatreëls in te stel na ‘n groot polisie-operasie wat bedrog in die Werkloosheidsversekeringsfonds oopgevlek het. Minister Nomakhosazana Meth verwelkom die inhegtenisname van verskeie verdagtes in Gauteng en die Vrystaat, insluitende ‘n departementele beampte in Bloemfontein, in verband met bedrieglike eise teen die fonds wat valsmaatskappye en […]
Hamas positief oor skietstilstand - July 5, 2025
Hamas het positief reageer op ‘n voorstel vir ‘n skietstilstand in die oorlog met Israel en is gereed om onderhandelinge in dié verband te begin, sê die beweging. Hamas se verklaring volg voor die besoek van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Maandag aan Washington, met president Donald Trump wat druk uitoefen vir ‘n einde aan die oorlog. […]
Kanovaart: Bergrivier-oorwinnings wink vir Hank en Jenna - July 5, 2025
Beide Jenna Nisbet en Hank McGregor gaan die laaste dag van die 2025 Bergrivier-kanomarathon tegemoet met ‘n groot voorsprong op hul naaste mededingers. Die 47-jarige McGregor het gister se 75 kilometer lange skof van Bridgetown na Zoutkloof gewen en loop nou met meer as 10 minute voor teen Robert Herreveld in die tweede plek. In […]
Arbeid, Sinomine praat oor Tsumeb-afleggings - July 5, 2025
Arbeidsminister Wise Immanuel sal Maandag met die Chinese groep Sinomine Resources beraadslag oor vrywillige afleggings by die Tsumeb-smelter. Immanuel het ‘n stokkie gesteek voor Sinomine se planne om 650 werkers vrywillig af te lê. Die groep verkeer onder druk weens onder meer groter smeltkapasiteit in koperproduserende lande. Ná hul samesmelting met Dundee Precious Metals verlede […]
Pasop vir masels, waarsku SA regering - July 5, 2025
Die regering doen ‘n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselsgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselsverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld. ‘n Woordvoerder […]