Johannesburg maak plan met koopkrag en ou meters
Die Stad Johannesburg sê City Power gaan ‘n program instel vir die opgradering van slim meters en vervanging van ouer meters. Dit is omdat die stelsel soos dit tans daarna uitsien, in November 2024 ten einde loop en nie langer koopbewysreekse sal voorsien nie. Die nuwe stelsel sal koopskyfies identifiseer as veiligheidsmaatreël wat sal verseker dat ‘n koopskyfie slegs een maal gebruik kan word en slegs vir die meternommer waarvoor dit gekoop is. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewing- en Infrastruktuurdienste in Johannesburg, Michael Sun, sê die huidige standaard-oordrag-spesifikasiestelsel word reeds sedert 1993 gebruik: