Jagter op die spoor van groep Kavango-leeus

Die omgewingsministerie het boere in die Kavango Oos-streek tegemoet gekom en ‘n groep leeus, waarvan die hoeveelheid onbekend is, as probleemdiere te verklaar. ‘n Professionele jagter is reeds op die groep se spoor. Boere sê 30 bokke, ‘n bees, perd en donkie is deur die groep leeus gejag. Die leeus het volgens berigte reeds uit die gebied beweeg en is tans in die Nyae Nyae-bewaringsgebied maar, die ministerie sê die jagpermit is geldig tot 6 Julie.