Dimbu se plakkersaak draai weer in die hof

Die Affirmative Repositioning se saak is weer vandag in die hoërhof voor regter Harold Geier. Dimbulukeni Nauyoma van die beweging het die saak gebring. Die Namibiese regering word gedagvaar om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel. Volgens Nauyoma is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers wat onwettig op grond woon, te verwyder, strydig met die land se Grondwet. Owerhede gebruik die wet ook om mense sonder ‘n hofbevel te verwyder. Nauyoma sê die wet diskrimineer en ontneem mense die reg om ‘n huis te besit, maar ontneem hulle ook van hul waardigheid. Die regering verdedig die saak.