Israel help Palestyne met Covid-19-entstof

Israel beplan om meer as een-miljoen dosisse Covid-19-entstof na die Palestynse gebiede te stuur nadat ‘n ooreenkoms tussen die twee owerhede bereik is. Die Pfizer-BioNTech-entstof verval binnekort. In ‘n uitruilooreenkoms wat deur die pas ingesweerde eerste minister van Israel, Naftali Bennett, aangekondig is, sal die Palestyne later vanjaar dieselfde hoeveelheid aan Israel teruggee. Nuusagentskappe berig dat ongeveer 5,1-miljoen Israeli’s, of meer as 55-persent van die bevolking, reeds ingeënt is, terwyl slegs sowat 260-duisend Palestyne hulle twee dosisse ontvang het.