Nuwe permitte moet bekom word vir essensiële dienste

Die Namibiese ministerie van Industrialisasie en Handel het ‘n beroep gedoen op die verskaffers van essensiële dienste om Maandag aansoek te doen vir nuwe permitte wat beweging tussen Windhoek en die landelike kiesafdelings van Okahandja en Rehoboth wat onder inperking is tot 30 Junie sal toelaat. Die ministerie wys in ‘n verklaring daarop dat permitte wat verlede jaar in die verband uitgereik is, nie meer geldig is nie. President Hage Geingob het die nuwe Covid-19- noodregulasies op 15 Junie aangekondig. Aansoeke om permitte te hernu kan aanlyn gedoen word by www.namessentialservice.com.