Israel erken aanval op vlugtelingskampNovember 1, 2023

Die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid het die ontploffing by die Jabalia-vlugtelingkamp in die noorde van Gaza as ‘n gruwelike bloedbad beskryf. Die ministerie het ‘n Israeliese lugaanval die skuld gegee vir die ontploffing en sê minstens 50 mense is dood en ongeveer 150 gewond. Die kamp is een van die mees digbevolkte plekke op aarde. Net meer as 116 000 Palestynse vlugtelinge is vanaf Julie vanjaar deur die Verenigde Nasies by die kamp geregistreer. Die ministerie sê die internasionale gemeenskap moet onmiddellik optree om Israel te keer voor dit te laat is.