Iranse aktivis kry borg
Die owerhede in Iran het ‘n gewilde kletsrymer op borgtog vrygelaat wat meer as ‘n jaar lank tronkstraf uitgedien het weens sy steun aan landwye betogings teen die dood van Mahsa Amini in aanhouding. Die plaaslike media berig die 32-jarige Toomaj Salehi is in Oktober 2022 in hegtenis geneem weens sy steun vir die betogings oor die dood van die 22-jarige Amini. Sy is aangehou oor ‘n beweerde verbreking van die streng kleredragkode vir vroue. Salehi is in Julie tot ses jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van “korrupsie op aarde”. ‘n Foto op Salehi se amptelike Instagramrekening toon hom buite die tronk met ‘n ruiker wit blomme.