Internasionale Jazz-dag by FNCC op 30 April aangebied

Unesco Namibië sal op Saterdag 30 April Internasionale Jazz-dag by die Franco-Namibiese Kulturele Sentrum vier. Benewens die Thetardius Musiek-akademie se blaasorkes, sal Sisonke Xonti van Suid-Afrika ter viering van die geleentheid optree. Hierdie dag sal jazz-musiek uitlig as ‘n opvoedkundige hulpmiddel en ‘n krag vir vrede, eenheid, dialoog en verbeterde samewerking tussen mense. Die vind om sewe-uur die aand plaas en toegang is gratis.