Uitvoerende hoof van Charlotte Maxeke-hospitaal verdien R1,74 miljoen

Die DA in Gauteng sê die uitvoerende hoof van die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal, Gladys Bogoshi, verdien 1,74 miljoen rand per jaar, maar word nie aanspreeklik gehou vir die mislukkings wat pasiënte benadeel nie. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het dit in ‘n geskrewe antwoord op die DA se vrae in die wetgewer onthul. Jack Bloom van die party sê Bogoshi is in Februarie 2013 aangestel.