Namibië se landwye skole-inentingsveldtog skop af

Die Namibiese ministeries van gesondheid, onderwys en inligting het gesamentlike landwye ‘n skole-inentingsveldtog van stapel gestuur. Die Covid-inentingsveldtog onder skole se doelwit is om 70 persent leerders en onderwysers teen Junie in te ent. Leerders tussen 12 en 17 jaar oud kan teen die Covid-virus ingeënt word. ‘n Beroep word op ouers gedoen om hul kinders aan te moedig om ingeënt te word sodat die regering sy teiken van kudde-immuniteit kan bereik.