Inflasie: Voedsel bly uiters duur

Inflasie vir Desember is op 4,5 persent aangeteken teenoor 4,1 persent wat in November aangeteken is. Verbruikers is bewus van die hoë voedselpryse en in Desember was vrugte 14,9 persent duurder, op ‘n jaargrondslag gemeet, terwyl kookolie amper 12 persent op is. Vleis is 11,8 persent duurder en melk, kaas en eiers, 4,1 persent. Die Akkerbouraad sê daar sal plaaslik tekorte aan botterskorsie, kool, skorsies, uie, aartappels en pampoen voorkom wat die pryse verder sal verhoog tussen Januarie en Mei. Internasionaal word daar tekorte in koffie, salm, sjokolade, eiers, melk, hoender, spek en troeteldierkos verwag – alles produkte wat Namibië invoer. Dus, sal die pryse ook styg.