Fifa draai sy rug op Kahiriri

Plaaslike media berig dat die Fifa-afvaardiging geweier het om die petisie van die maatskaplike aktivis Olsen Kahiriri te ontvang. Die afvaardiging is in die land om die stand van sake in plaaslike sokker te ondersoek. Kahiriri het vroeër gesê Fifa weet nie wat werklik aangaan nie en word in die donker gehou. Hy en ‘n groep sokkerliefhebbers het vanoggend by die Zoopark bymekaar gekom maar kon nie hulle petisie oorhandig nie. Hy het met die skare gepraat.