Inflasie, repokoers bly hoog
Daar word verwag dat inflasie, wat in September op 5,4 persent gemeet is, in die medium termyn binne die 3 persent tot 6 persent sal bly. Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy middeltermyn begrotingsrede die koers word grootliks deur globale verwikkelinge beïnvloed en inflasiedruk was besig om af te neem toe hoër brandstofpryse dit opgestoot het. Daarmee saam is die repokoers in die eerste twee kwartale met 100 basispunte tot 7.75 persent verhoog, om die geldeenheid te beskerm en inflasieverwagtinge te anker. Die hoë rentekoers beïnvloed die reële inkomste van huishoudings en het gevolglik ‘n impak op algehele verbruik in die ekonomie.