Indy kry nog ‘n noenoe na hom vernoem, die keer ‘n slang

Wetenskaplikes wat ‘n nuwe slangspesie in Peru ontdek en dit na die Hollywood-akteur, Harrison Ford, vernoem het, sê dit help om bewustheid te verhoog oor hoeveel plante en diere nog ontdek moet word. Die slang se naam is Tachymenoides harrisonfordi. Hul wedervaringe in die Suid-Amerikaanse oerwoud herinner ook aan die beroemde flieks van die aksieheld, Indiana Jones. Indy het ‘n groot weersin aan slange, maar in die regte lewe is Ford ‘n toegewyde bewaringsgesinde. Met die jongste Indiana Jones wat onlangs bekend gestel is het Ford aanhangers so toegespreek: 

TERUG: Daar is ook ‘n mier, Pheidole harrisonfordi en ‘n spinnekop Calponia harrisonfordi na hom vernoem.