Ferrari sal in China nader wees aan Red Bull: Leclerc

Motorsport: Charles Leclerc sê Ferrari sal by die naweek se Chinese Grand Prix nader aan Red Bull wees, maar hy verwag nogtans sy geveg sal wees vir mindere plekke op die podium. Formule Een is die eerste keer in vyf jaar terug in China met ‘n volgepakte program, wat Saterdag se snelren insluit. Max Verstappen en Sergio Perez van Red Bull het twee weke gelede in Japan oorheers met die eerste twee plekke, gevolg deur die Ferrari’s van Carlos Sainz en Leclerc. McLaren se nuweling, Oscar Piastri, verwag sy span gaan sukkel: