Inbrake, dwelms oorheers naweek-misdaad

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaad verslag was daar oor die naweek vyf inbrake in die Noorde van die land, vier by wonings en een by ‘n besigheid. In elke rooftog is tussen 21 000 en 25 000 Namibiese dollar se goedere gesteel en in elke geval was die eienaar nie tuis nie. Die polisie waarsku reeds ‘n geruime tyd dat met die ekonomiese druk, sal misdaad toeneem en het inwoners gemaan om nie eiendom alleen te laat sonder enige toesig nie. Die mag maan ook dat dit uiters moeilik is om elektroniese goedere, soos televisie-stelsels en meer, op te spoor. Dwelm uitdagings duur ook voort met drie redelike groot dagga-beslagleggings wat gemaak is en in van die gevalle moet die waarde van die dwelms, wat tot op hede rondom 10 000 Namibiese dollar staan, nog bepaal word.