VSA ondersteun Swede, Finland se NAVO-lidmaatskap

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê dit sal geskiedkundig wees as Finland en Swede by die alliansie aansluit. Finland het formeel bevestig hy gaan om NAVO-lidmaatskap aansoek doen, met Swede wat na verwagting sy voorbeeld sal volg. Die historiese besluit is deur Rusland se inval in Oekraïne veroorsaak. NAVO-lidmaatskap sal ná 200 jaar van militêre neutraliteit, ‘n reuse verandering in standpunt vir Swede beteken. NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê hierdie moontlike verandering sal toon dat aggressie is nie ‘n oplossing nie. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê die stap sal die VSA se ondersteuning hê.