Collard sê oor mielieproduksie in China

Om mielies van China na Namibië in te voer, gaan nie werk nie, sê die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard. Sy reaksie volg op die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, wat aanvoer indien China steeds meer mielies produseer en ‘n standvastige netto uitvoerder word, sal Suid-Afrika moontlik gedwing word om nuwe markte te verken. Sihlobo sê Suid-Afrikaanse boere en landbou-ondernemings moet dié verwikkelinge fyn dophou, aangesien dit ‘n impak sal hê op die langtermyn-groei van die buurland se landbousektor. Collard verduidelik sy standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus.