Impak van onluste sal nog vir jare gevoel word

Die onlangse onluste en plundering het sowat 40 000 Suid-Afrikaanse sakeondernemings beskadig of vernietig en die ekonomie met ‘n geraamde 50 miljard Namibiese dollar in BBP geknou. Die weeklange geweld in KwaZulu-Natal and Gauteng het ontstaan na oud-president Jacob Zuma agter tralies beland het en het 337 lewens geëis. Die buurland se ekonoom Dawie Roodt sê die ekonomiese impak is groot en verrykend:

President Cyril Ramaphosa het hulp beloof aan sakeondernemings wat geraak is en nie vir hierdie tipe skade verseker is nie. Dis nog nie duidelik wat die kriteria vir staatshulp is en hoeveel steun dit sal beteken nie. Volgens Roodt moet die regering op ekonomiese hervorming fokus om die probleme aan te spreek: