Alkoholbedryf hoop vir verslapping van maatreëls

President Hage Geingob sal na verwagting Vrydag die nuwe Covid-inperkingsregulasies bekend maak. Namibië het die afgelope dae ‘n afname in Covid-gevalle en –sterftes ervaar, maar is dit genoeg om regulasies te verslap? Horst Heimstädt van die Selfregulerende Alkohol-bedryfsforum, sê dié bedryf ondersteun die regering, maar hoop tog regulasies word verslap. Heimstädt praat met Kosmos 94.1 Nuus.