Britse studente sal dalk geënt moet word

Die Britse regering het nie die moontlikheid uitgesluit dat universiteitstudente teen Covid-19 ingeënt moet word voordat hul klasse mag bywoon en in koshuise mag bly nie. Dit volg na berigte dat die eerste minister Boris Johnson, bekommerd is oor die lae inentingsyfer onder jongmense. Media in Brittanje berig die land se onderwysminister, Vicky Ford, sê hoewel die klem steeds op onderwys moet wees, sal die regering alles moontlik oorweeg om te verseker studente kan op ‘n veilige manier na tersiêre instellings terugkeer.