Impact het nie die fondse om Venus te ontwikkel nie

Upstream Online berig dat Impact Oil and Gas op die oomblik op hete kole wag vir die uitslae van die Venus-put waar hy ‘n 20 persent aandeel het. Volgens wat berig word het hy nie voldoende befondsing om die bron te ontwikkel nie. Impact het reeds met belanghebbendes vergader om sy aandeel, wat blykbaar ter waarde van tot 1 miljard Amerikaanse dollar is, te verkoop. Reuters het reeds in 2022 berig dat Impact sy aandeel wil verkoop en die beleggingsbank Jefferies aangestel om die verkoop te hanteer maar het op bronne se inligting staatgemaak. Die oliebron word op rondom 13 miljard vate beraam. Die ander aandeelhouers in die blok is TotalEnergies met 40 persent, Qatar Energy met 30, en Namcor wat 10 persent het.