Iga Swiatek loop Berlynse Ope mis weens besering

Tennis: Die wêreld se voorste speler, Iga Swiatek van Pole, sal volgende week se Berlynse Ope misloop, weens ʼn skouer wat lol. Die pasgekroonde Franse Ope-kampioen glo egter sy sal fiks wees wanneer Wimbledon op 27 Junie begin, hoewel sy vooraf min tyd op ʼn grasbaan gaan deurbring. Swiatek het haar 35ste agtereenvolgende oorwinning behaal toe sy Coco Gauff van Amerika verlede naweek in die eindstryd op Roland Garros getroef het. Dit ewenaar die Amerikaner Venus Williams se rekord vir agtereenvolgende oorwinnings wat sy in 2000 opgestel het.