Iga Swiatek deur na halfeindronde van Franse Ope
Tennis: Die wêreld se nommer een-speler, Iga Swiatek van Pole, gaan vandag Daria Kasatkina in die voorlaaste ronde van die Franse Open die stryd aansê. Die kampioen van 2020 het die Amerikaner Jessica Pegula in die kwarteindronde uitgeskakel, terwyl Kasatkina te goed was vir haar landgenoot Veronica Kudermetova. Die ander halfeindstryd sal beslis word tussen die Italianer Martina Trevisan en die jong Amerikaner Coco Gauff, wat onderskeidelik die Kanadees Leylah Fernandez en Sloane Stephens van Amerika uitgeskakel het.