HRW sê Israel is skuldig aan oorlogmisdade
Human Rights Watch sê die Israelse regering vererger doelbewus die lyding van burgerlikes in Gaza deur te weier dat water- en elektrisiteitstoevoer herstel en brandstof daarheen vervoer word. Die organisasie sê die Israelse weermag het altesaam 34 vragmotors met voorrade by Egipte se Rafah-kruising met Gaza deurgelaat. Dit is egter heelwat minder as die 100 vragmotors daagliks wat volgens hulp-agentskappe nodig is. Human Rights Watch se woordvoerder, Sari Bashi, sê om doelbewus te keer dat hulpvoorraad gelewer word, is ʼn oorlogsmisdaad omdat dit burgerlikes straf vir gewapende groepe se optrede.