Hou aanskaffing in olie- en gassektor dop!

Volgens Charity Mwiya, die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, gaan die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot kry deur die ontluikende gas en olie sektor. Sy waarsku egter dat daar sorg getref moet word met die aanskaffing prossese vir al die sektor se benodighede. Mwiya het gepraat by die plaaslike inhoud konferensie wat in Lüderitz gehou word.