Afrika verloor miljoenêrs, maar ‘Namibië gaan opmaak’

Die aantal miljoenêrs in Afrika het die afgelope dekade met byna 20 000 afgeneem weens wisselkoers-waardevermindering en ekonomiese uitdagings. Net 135-duisend-200 mense se rykdom oorskry nou een-miljoen-dollar. Suid-Afrika, die tuiste van die meeste ryk mense in Afrika, het die afgelope dekade 20-persent van die dollarmiljoenêrs verloor weens logistieke uitdagings en misdaad. Henley & Partners sê egter vooruitskattings sê Afrika se miljoenêrbevolking sal in die komende dekade met 65-persent toeneem, aangevuur deur groei in lande soos Mauritius en Namibië.