Hopwood reageer op voorgestelde polisiewet-aanpassings

Die minister van veiligheid en sekuriteit dr. Albert Kawana het ‘n mosie in die parlement ingedien dat hy op 4 Julie ‘n wetsontwerp wil ter tafel wil lê om die Polisiewet van 1990 te wysig. Die wysiging behels om die Namibiese polisie se inspekteur-generaal te magtig om inligting van ondersoeke van geldwassery en die finansiering van terrorisme met buitelandse wetstoepassings-agentskappe en buitelandse nie-wetstoepassingsagentskappe te deel. Daar is 11 wette wat ingevolge die Finansiële Aksie-taakmag aangepas moet word, met twee nuwes wat geskep moet word, anders word Namibië, soos Suid-Afrika, op ‘n gryslys geplaas. Die taakmag monitor skuiwergate vir geldwassery en die finansiering van terrorisme. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood gepraat…