Honderde in Europa ontruim met veldbrande wat woed

Honderde mense moes hulle huise ontruim weens veldbrande wat in Portugal, Frankryk en Spanje woed. Amptenare het gesondheidswaarskuwings uitgereik oor ‘n nuwe hittegolf vir die komende dae terwyl temperature na 46-grade Celcius mik. In die noorde van Portugal is ‘n vlieënier dood toe sy waterbom-vliegtuig naby die Spaanse grens neergestort het. Weerkundiges sê ‘n stadig-bewegende hoogdruk-stelsel bring vuurwarmlug van Noord-Afrika in.