Hoekom lok groenskemas nie beleggers?

Die privaatsektor in Namibië het nie reageer om geleenthede met veral groenskemas aan te gryp nie. Die projekte is egter deurslaggewend vir voedselsekerheid en ook werksverskaffing, en word voorgehou as gulde beleggingsgeleenthede. Landbouminister Calle Schlettwein sê hy is teleurgesteld hieroor. Uit 11 groenskemas is net twee langtermynhuurkontrakte toegeken – die Oranjerivier-besproeiingsprojek en die Uuvhungu Vhungu suiwelprojek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher vir sy reaksie en wat hy dink die probleem is.

Dr Laubscher bevraagteken hoe beleggers beskerm sal word.